Skip to Content

Psalms Hoofstuk 128

1 'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel! 2 Die opbrings van jou hande sal jy sekerlik eet; gelukkig is jy, en dit gaan met jou goed! 3 Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok binne-in jou huis; jou kinders soos olyfboompies rondom jou tafel. 4 Kyk, so sal sekerlik geseën word die man wat die HERE vrees. 5 Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe! 6 En dat jy jou kindskinders mag aanskou! Vrede oor Israel!