Skip to Content

Psalms Hoofstuk 129

1 'n Bedevaartslied. Alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af- laat Israel dit sê- 2 alreeds te veel het hulle my as vyand behandel van my jeug af; tog het hulle my nie oorwin nie. 3 Ploeërs het op my rug geploeg; hulle het hul vore lank getrek. 4 Die HERE is regverdig: Hy het die toue van die goddelose afgekap. 5 Laat hulle beskaamd staan en agteruitwyk, almal wat Sion haat. 6 Laat hulle word soos gras op die dakke wat verdor voordat 'n mens dit uittrek, 7 waarmee die maaier sy hand en die gerwebinder sy arm nie vul nie. 8 Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.