Skip to Content

Psalms Hoofstuk 87

1 Van die kinders van Korag. 'n Psalm. 'n Lied. Sy grondvesting is op heilige berge. 2 Die HERE het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob. 3 Heerlike dinge word van u gesê, o stad van God! Sela. 4 Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken; kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus- hierdie een is daar gebore. 5 En van Sion sal gesê word: Man vir man is daarin gebore, en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand. 6 Die HERE sal tel as Hy die volke opskrywe: Hierdie een is daar gebore. Sela. 7 En die wat sing sowel as die wat vrolik is, sê: Al my fonteine is in jou!