Skip to Content

Psalms Hoofstuk 121

1 'n Bedevaartslied. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? 2 My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. 3 Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. 4 Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie. 5 Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. 6 Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. 7 Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. 8 Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar, van nou af tot in ewigheid.