Die seuns van Sem was: Elam en Assur en Arpagsad en Lud en Aram.
En Arpagsad was die vader van Selag, en Selag van Heber.
Dit is die stamboom van Sem: Toe Sem honderd jaar oud was, het hy die vader van Arpagsad geword, twee jaar ná die vloed.
En Sem het ná die geboorte van Arpagsad nog vyf honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
Toe Arpagsad vyf en dertig jaar oud was, het hy die vader van Selag geword.
En Arpagsad het ná die geboorte van Selag nog vier honderd en drie jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.