"priesters"
305 keer in AFR53
En Semája, die seun van Netáneël, die skrywer, uit die Leviete, het hulle opgeskrywe in teenwoordigheid van die koning en die vorste en die priester Sadok en Ahiméleg, die seun van Abjatar, en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete; een familie is uitgeloot vir Eleásar, en telkens weer vir Itamar.
En hulle het ook die lot gewerp net soos hulle broers, die seuns van Aäron, in teenwoordigheid van koning Dawid en Sadok en Ahiméleg en die familiehoofde van die priesters en van die Leviete: die familiehoof net soos sy jonger broer.
en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE;
En daar is die afdelings van die priesters en die Leviete vir elke diens in die huis van God; verder het jy by jou in elke soort werk allerhande kunstenaars, gereed vir elke diens; ook die owerstes en die hele volk vir al jou sake.
En hy het tien waskomme gemaak en vyf regs en vyf links gesit om in te was; die gereedskap van die brandoffer moes hulle daarin afspoel, maar die see was vir die priesters om daarin te was.
Verder het hy die voorhof van die priesters gemaak en die groot voorhof en die deure vir die voorhof; en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek.
en die ark en die tent van samekoms met al die heilige voorwerpe wat in die tent was, gebring; die Levitiese priesters het dit opwaarts gebring.
Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in.
En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan--want al die priesters wat aanwesig was, het hulle geheilig sonder om die afdelings in aanmerking te neem--
terwyl die Levitiese sangers almal saam, Asaf, Heman, Jedútun met hulle seuns en hulle broers, in linne gekleed, met simbale en harpe en siters oostelik van die altaar staan, en saam met hulle omtrent honderd en twintig priesters wat op die trompette blaas;
En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.
Staan dan nou op na u rusplek, HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.
en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.
Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.
En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.
En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit hulle hele grondgebied by hom gestaan.
Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie.
En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes en die veldduiwels en die kalwers wat hy gemaak het.
Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.
Maar ons--die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk.
En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.
En ook in Jerusalem het Jósafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die HERE en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.
Dit moet julle doen: 'n derde deel van julle wat op die sabbat inkom--van die priesters en Leviete--moet drumpelwagters wees;
Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.
Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.
Daarom het hy die priesters en die Leviete versamel en aan hulle gesê: Gaan uit na die stede van Juda en versamel geld uit die hele Israel om van jaar tot jaar die huis van julle God te herstel; en júlle moet gou maak met die saak! Maar die Leviete het nie gou gemaak nie.
Maar die priester Asárja het hom gevolg en tagtig priesters van die HERE, flukse manne, saam met hom,
en teen koning Ussía opgetree en aan hom gesê: Dit kom u nie toe, Ussía, om vir die HERE offerrook te laat opgaan nie, maar aan die priesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van die HERE God nie tot eer strek nie.
Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die HERE langs die reukaltaar.
Toe Asárja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, want die HERE het hom aangetas.
En die priesters het binne-in die huis van die HERE ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van die HERE, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na die spruit Kidron.
En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as 'n sondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van die HERE te offer.
Toe het hulle die beeste geslag, en die priesters het die bloed opgevang en dit teen die altaar uitgegooi, en die ramme geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi, en die lammers geslag en die bloed teen die altaar uitgegooi.
En die priesters het hulle geslag en die bloed daarvan as sondoffer teen die altaar uitgegooi om versoening te doen vir die hele Israel; want die koning het die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel beveel.
Net die grond van die priesters het hy nie gekoop nie; want die priesters het 'n vaste inkomste van Farao ontvang en van hulle vaste inkomste geëet wat Farao hulle toegestaan het. Daarom het hulle hul grond nie verkoop nie.
En Josef het dit 'n wet gemaak tot vandag toe vir die saaigrond van Egipte--die vyfde deel behoort aan Farao. Net die grond van die priesters alleen het nie die eiendom van Farao geword nie.
Net die priesters was te min en kon nie al die brandoffers afslag nie; maar hulle broers, die Leviete, het hulle ondersteun, totdat die werk klaar was en totdat die priesters hulleself geheilig het; want die Leviete was opregter van hart om hulleself te heilig as die priesters.
want hulle kon dit op sy tyd nie hou nie, omdat die priesters hulle nie voldoende geheilig en die volk in Jerusalem nie saamgekom het nie.
Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die HERE gebring.
En hulle het op hul plek gaan staan, ooreenkomstig hulle verordening volgens die wet van Moses, die man van God, onderwyl die priesters besig was om die bloed uit te gooi wat hulle uit die hand van die Leviete geneem het;
So het dan die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters die HERE dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van die HERE.
want Hiskía, die koning van Juda, het aan die vergadering duisend bulle en sewe duisend stuks kleinvee afgegee, en die owerstes het aan die vergadering duisend bulle en tien duisend stuks kleinvee afgegee; en die priesters het hulleself in menigte geheilig.
En die hele vergadering van Juda was bly, ook die priesters en die Leviete, en die hele vergadering van die wat uit Israel gekom het; ook die vreemdelinge wat uit die land van Israel gekom het, en die wat in Juda woonagtig was.
Toe staan die Levitiese priesters op en seën die volk; en hulle stem is verhoor, en hulle gebed het gekom tot in sy heilige woning, tot in die hemel.
En Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens--as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die HERE.
En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die HERE al hulle krag kon wy.
En onder sy leiding was Eden en Mínjamin en Jésua en Semája, Amárja en Segánja, om getrou uit te deel in die stede van die priesters aan hulle broers volgens die afdelings, aan groot sowel as klein;
En wat die geslagsregister van die priesters betref, dit was ingerig volgens families; maar dié van die Leviete, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle ampsverpligtinge in hulle afdelings.
Ook vir die seuns van Aäron, die priesters, buite op die weiveld van hulle stede, was daar in elke stad afsonderlik manne wat met hulle name aangewys was om aan elke manspersoon onder die priesters en aan elkeen van die Leviete wat in die geslagsregister opgeneem was, dele te gee.
En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees. Dit is die woorde wat jy aan die kinders van Israel moet meedeel.
En ook die priesters wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
en omgord hulle met die gordel, Aäron en sy seuns, en bind vir hulle musse om, dat hulle die priesteramp kan besit as 'n ewige insetting. So moet jy dan Aäron en sy seuns as priesters aanstel.
En die heilige klere van Aäron moet vir sy seuns ná hom wees, om hulle daarin te salf en as priesters aan te stel.
En hulle moet dié dinge eet waarmee versoening bewerk is toe hulle as priesters aangestel en geheilig is; maar 'n onbevoegde mag daarvan nie eet nie, want dit is heilig.
Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En hy moet sy hand op die kop van sy offer lê en dit slag by die ingang van die tent van samekoms. En die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet. Op 'n heilige plek moet dit geëet word; dit is hoogheilig.
En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van die HERE.
Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee. Hilkía en Sagaría en Jéhiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers twee duisend ses honderd stuks kleinvee en drie honderd beeste gegee.
Die diens is toe gereël: die priesters het op hul plek gaan staan, en die Leviete volgens hulle afdelings, volgens die bevel van die koning.
Daarna het hulle die pasga geslag, en die priesters het die bloed uit die Leviete se hand geneem en dit uitgegooi, onderwyl die Leviete besig was om af te slag.
Daarna het hulle dit ook vir hulleself berei en vir die priesters; want die priesters, die seuns van Aäron, was tot in die nag besig met die offer van die brandoffer en die vetstukke; daarom het die Leviete dit vir hulleself en vir die priesters, die seuns van Aäron, berei.
So 'n pasga soos dié is in Israel nie gehou van die dae van die profeet Samuel af nie, en al die konings van Israel het nie so 'n pasga gehou as wat Josía en die priesters en die Leviete en die hele Juda en Israel wat aanwesig was, en die inwoners van Jerusalem gehou het nie.
Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete--elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
En van die kinders van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
So het dan die priesters en die Leviete en van die volk en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes in hulle stede gaan woon, en die hele Israel in húlle stede.
En Jésua, die seun van Jósadak, met sy broers, die priesters, en Serubbábel, die seun van Seáltiël, met sy broers, het klaargemaak en die altaar van die God van Israel gebou om daar brandoffers op te offer soos geskrywe staan in die wet van Moses, die man van God.
En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, 'n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.
Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
Maar baie van die priesters en die Leviete en die familiehoofde, van die oues wat die eerste huis gesien het, het hardop gehuil toe die fondament van hierdie huis voor hulle oë gelê is, terwyl baie met gejuig, met blydskap die stem verhef het.
En wat nodig is, jong bulle sowel as ramme en lammers vir brandoffers aan die God van die hemel, koring, sout, wyn en olie moet aan hulle volgens opgawe van die priesters in Jerusalem sonder versuim dag vir dag gelewer word,
En die kinders van Israel, die priesters en die Leviete en die ander, uit die ballingskap afkomstig, het die inwyding van hierdie huis van God met vreugde gevier.
En hulle het die priesters aangestel volgens hulle afdelings en die Leviete volgens hulle afdelings vir die diens van God in Jerusalem, volgens die voorskrif van die boek van Moses.
Want die priesters en die Leviete het hulle soos een man gereinig--hulle almal was rein--en die paaslam geslag vir al die ballinge en vir hulle broers, die priesters, en vir hulleself.
Ook van die kinders van Israel en van die priesters en die Leviete en die sangers en die poortwagters en die tempelbediendes het na Jerusalem opgetrek in die sewende jaar van koning Artasásta.
deur my is bevel gegee dat elkeen van die volk van Israel en van sy priesters en Leviete wat in my koninkryk gewillig is om na Jerusalem te trek, met jou mag saamtrek;
en al die silwer en goud wat jy sal vind in die hele provinsie Babel saam met die vrywillige gawes van die volk en die priesters wat vrywillig gee vir die huis van hulle God wat in Jerusalem is.
En ons maak julle bekend dat wat betref al die priesters en Leviete, sangers, poortwagters, tempelbediendes of dienaars van hierdie huis van God, niemand gemagtig is om hulle belasting, opbrings of tol op te lê nie.
En ek het hulle versamel by die rivier wat na Ahawa loop, en ons het daar drie dae laer opgeslaan; en ek het op die volk en die priesters ag gegee, maar van die kinders van Levi daar nie aangetref nie.
Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE.
Toe het die priesters en die Leviete die gewig van die silwer en die goud en die voorwerpe ontvang om dit na Jerusalem, na die huis van onse God te bring.
En toe dit klaar was, het die owerstes na my gekom en gesê: Die volk van Israel en die priesters en die Leviete het hulle nie afgesonder van die volke van die lande, wat hulle gruwels betref nie, naamlik van die Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Jebusiete, Ammoniete, Moabiete, Egiptenaars en Amoriete.
Van die dae van ons vaders af tot vandag toe is ons in 'n groot skuld, en oor ons ongeregtighede is ons self, ons konings, ons priesters oorgegee in die hand van die konings van die lande, aan die swaard, aan gevangenskap en aan plundering en beskaming van die aangesig soos dit vandag is.
Toe het Esra opgestaan en hy het die owerstes van die priesters, die Leviete en die hele Israel laat sweer om volgens hierdie woord te handel; en hulle het gesweer.
En van die seuns van die priesters wat vreemde vroue getrou het, was daar van die seuns van Jésua, die seun van Jósadak, en sy broers: Maäséja en Eliëser en Jarib en Gedálja.
Maar die leiers het nie geweet waar ek heengegaan het en wat ek doen nie; want ek het tot nog toe die Jode en die priesters en die edeles en die leiers en die ander wat die werk moes doen, niks te kenne gegee nie.
En Éljasib, die hoëpriester, het hom klaargemaak met sy broers, die priesters, en hulle het die Skaapspoort gebou; hulle het dit geheilig en sy deure ingesit; verder tot by die toring Hamméa wat hulle geheilig het, tot by die toring Hanáneël.
Daarop sê hulle: Ons sal dit teruggee en niks van hulle vorder nie; ons sal net so handel soos u gesê het. En ek het die priesters geroep en hulle laat sweer om volgens hierdie woord te handel.
En van die priesters: die kinders van Habája, die kinders van Hakkos, die kinders van Barsíllai, wat uit die dogters van Barsíllai, die Gileadiet, 'n vrou geneem het en na hulle naam genoem is.
So het dan die priesters en die Leviete en die poortwagters en die sangers en van die volk en die tempelbediendes en die hele Israel in hulle stede gaan woon.
En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.
As 'n mens in die vel van sy vlees 'n swelsel of uitslag of ligte vlek het, en dit in die vel van sy vlees 'n plaag van melaatsheid word, moet hy na die priester Aäron of na een van sy seuns, die priesters, gebring word;
en versoening doen vir die Allerheiligste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en die hele volk van die vergadering moet hy versoening doen.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
Dit is die name van die seuns van Aäron, die gesalfde priesters, wat hy aangestel het om die priesteramp te bedien.
Onse God, groot, magtige en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou, laat dan nou al die moeilikheid nie gering wees voor u aangesig nie wat ons, ons konings, ons owerstes en ons priesters en ons profete en ons vaders en u hele volk oorgekom het van die dae van die konings van Assur af tot vandag toe.
en ons konings, ons owerstes, ons priesters en ons vaders het u wet nie volbring en na u gebooie en u getuienisse waarmee U hulle gewaarsku het, nie geluister nie.
Maar op grond van dit alles sluit ons 'n vaste verbond en beskryf dit; en op die verseëlde stuk het ons owerstes, ons Leviete, ons priesters geteken.
En die res van die volk, die priesters, die Leviete, die poortwagters, die sangers, die tempelbediendes en almal wat hulle afgesonder het van die volke van die lande tot die wet van God, hulle vroue, hulle seuns en hulle dogters, almal wat enigsins kon verstaan,
En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet;
en om die eersgeborenes van ons seuns en ons vee, soos geskrywe staan in die wet, en die eersgeborenes van ons grootvee en ons kleinvee te bring in die huis van onse God vir die priesters wat diens doen in die huis van onse God;
en dat ons die eerstelinge van ons growwe meel en van ons offergawes en van die vrugte van allerhande bome, van mos en olie, sou bring vir die priesters in die kamers van die huis van onse God en die tiendes van ons grond vir die Leviete, terwyl hulle, die Leviete, die tiendes sou invorder in al ons landboustede.
Want in die kamers moet die kinders van Israel en die kinders van Levi die offergawe van koring, mos en olie bring, omdat die gereedskappe van die heiligdom en die diensdoende priesters en die poortwagters en die sangers daar is; want ons wou die huis van onse God nie laat verwaarloos nie.
En dit is die hoofde van die provinsie wat in Jerusalem gewoon het. In die stede van Juda het hulle elkeen in sy besitting in hulle stede gewoon: Israeliete, die priesters en die Leviete en die tempelbediendes en die kinders van die dienaars van Salomo.
En dit is die priesters en die Leviete wat saam met Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Jésua opgetrek het: Serája, Jeremía, Esra,
Sallu, Amok, Hilkía, Jedája; dit was die hoofde van die priesters en van hulle broers in die dae van Jésua.
Wat die Leviete betref--in die dae van Éljasib, Jójada en Jóhanan en Jaddúa is die familiehoofde opgeskrywe, en die priesters tot aan die regering van Daríus, die Pers.
En die priesters en die Leviete het hulleself gereinig, en die volk en die poorte en die muur gereinig.
en van die seuns van die priesters met trompette, Sagaría, die seun van Jónatan, die seun van Semája, die seun van Mattánja, die seun van Migája, die seun van Sakkur, die seun van Asaf,
En op dié dag is manne aangestel oor die kamers vir die voorrade, die offergawes, die eerstelinge en die tiendes, om daarin die wetlike aandele volgens die landerye van die stede vir die priesters en die Leviete te versamel; want Juda was bly oor die priesters en die Leviete wat in die diens gestaan het.
vir hom 'n groot kamer ingerig waar hulle vroeër die spysoffer, die wierook en die gereedskappe en die tiendes van koring, mos en olie, die wettige aandeel van die Leviete en die sangers en die poortwagters, en die offergawe aan die priesters neergesit het.
So het ek hulle dan gereinig van al wat vreemd was, en die diensordeninge vir die priesters en die Leviete vasgestel, vir elkeen in sy werk,
En die seuns van Aäron, die priesters, moet op die trompette blaas; en dié trompette moet vir julle 'n ewige insetting in julle geslagte wees.
en jy moet kom na die Levitiese priesters en na die regter wat daar in dié dae sal wees, en jy moet uitvra; dan sal hulle jou die geregtelike uitspraak te kenne gee.
En as hy op die troon van sy koninkryk sit, moet hy vir hom 'n afskrif van hierdie wet in 'n boek skrywe, uit dié wat voor die Levitiese priesters lê;
Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat 'n slagoffer bring, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.
dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.
Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
Neem jou in ag by die plaag van melaatsheid om baie noukeurig te handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle sal leer; soos ek hulle beveel het, moet julle dit sorgvuldig hou.
Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.
En Moses het hierdie wet opgeskrywe en dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel.
en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.
En Josua het met die priesters gespreek en gesê: Neem die verbondsark op en trek weg voor die volk uit; toe het hulle die verbondsark opgeneem en voor die volk uit getrek.
Gee jy dan bevel aan die priesters wat die verbondsark dra, en sê: Net soos julle aan die kant van die water van die Jordaan kom, moet julle in die Jordaan bly staan.
en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word--die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
En toe die volk wegtrek uit hulle tente om deur die Jordaan te gaan, met die priesters wat die verbondsark dra, op die voorpunt van die volk,
en net toe die draers van die ark by die Jordaan kom en die priesters wat die ark dra, hulle voete aan die kant van die water insteek, terwyl die Jordaan vol was op al sy walle al die dae van die oes,
Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
en gee hulle bevel en sê: Neem vir julle vandaar, uit die middel van die Jordaan, van die plek waar die voete van die priesters vas bly staan het, twaalf klippe en bring dit saam met julle deur en sit dit neer op die slaapplek waar julle vannag gaan oorbly.
Josua het ook twaalf klippe opgerig in die middel van die Jordaan, op die plek waar die voete van die priesters, die draers van die verbondsark, gestaan het; en dit is daar tot vandag toe.
En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.
En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.
Gee bevel aan die priesters wat die ark van die Getuienis dra, dat hulle uit die Jordaan uit opklim.
En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.
En sewe priesters moet sewe ramshorings voor die ark dra; maar op die sewende dag moet julle die stad sewe maal omtrek; en die priesters moet op die horings blaas;
Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.
En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.
Die gewapendes het ook voor die priesters getrek wat op die horings geblaas het, terwyl die agterhoede agter die ark aan gaan en daar gedurig op die horings geblaas word.
en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.
En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.
terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan--teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE--die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.
En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.
En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van die HERE was.
Die handelwyse van die priesters teenoor die volk was só: As iemand 'n offer slag, dan kom die dienaar van die priester, net soos die vleis kook, met die drietand-vurk in sy hand,
Daarom trap die priesters van Dagon en almal wat in die huis van Dagon ingaan, tot vandag toe nie op die drumpel van Dagon in Asdod nie.
het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.
Toe stuur die koning om Ahiméleg, die seun van Ahítub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te roep, en hulle het almal na die koning gekom.
En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.
Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.
En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Serája was skrywer.
En Benája, die seun van Jójada, was oor die Kreti en die Pleti, en die seuns van Dawid was priesters.
En is die priesters Sadok en Abjatar nie daar saam met jou nie? Alles wat jy dan hoor uit die huis van die koning, moet jy aan Sadok en Abjatar, die priesters, te kenne gee.
En Húsai het aan Sadok en Abjatar, die priesters, gesê: So en so het Agitófel Absalom en die oudstes van Israel aangeraai, maar so en so het ek aangeraai.
Toe het koning Dawid gestuur na Sadok en Abjatar, die priesters, om te sê: Spreek met die oudstes van Juda en vra: Waarom sou julle die laastes wees om die koning terug te bring na sy huis? (Die gesegde van die hele Israel het naamlik die koning in sy huis bereik.)
en die ark van die HERE en die tent van samekoms gebring saam met al die heilige voorwerpe wat in die tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.
Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die gérubs in.
En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
Hy het ook tempels van die hoogtes gebou en priesters aangestel uit al die dele van die volk wat nie uit die seuns van Levi was nie.
En Jeróbeam het 'n fees gehou in die agtste maand, op die vyftiende dag van die maand, soos die fees wat in Juda was, en op die altaar geklim. So het hy in Bet-el gedoen en geoffer aan die kalwers wat hy gemaak het, en ook in Bet-el priesters aangestel vir die hoogtes wat hy gemaak het.
en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.
Ná hierdie gebeurtenis het Jeróbeam nie van sy verkeerde weg teruggekom nie, maar weer priesters van die hoogtes aangestel uit al die dele van die volk. Elkeen wat wou, dié het hy aangestel, dat hy een van die priesters van die hoogtes kon word.
Toe slaan Jehu almal dood van die huis van Agab wat in Jísreël oor was, en al sy grotes en sy vertroudes en sy priesters, totdat daar niemand van hom oor was wat vrygeraak het nie.
Roep dan nou al die profete van Baäl, al sy dienaars en al sy priesters na my toe; niemand moet gemis word nie, want ek het 'n groot offer aan Baäl. Elkeen wat gemis word, sal nie leef nie. Maar Jehu het dit met lis gedoen om die dienaars van Baäl te kan vernietig.
En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,
mag die priesters vir hulle neem, elkeen van sy bekende, en húlle moet die bouvallige plekke van die huis herstel waar 'n bouvallige plek ook al gevind word.
Maar toe in die drie en twintigste jaar van koning Joas die priesters die bouvallige plekke van die huis nie herstel het nie,
het koning Joas Jójada, die priester, en die priesters geroep en aan hulle gesê: Waarom herstel julle nie die bouvallige plekke van die huis nie? Nou dan, julle moet geen geld van julle bekendes aanneem nie, maar dit gee vir die bouvallige plekke van die huis.
En die priesters het ingewillig om geen geld van die volk aan te neem nie en om die bouvallige plekke van die huis dan ook nie te herstel nie.
Toe neem die priester Jójada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.
Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die HERE gebring nie; dit was vir die priesters.
Toe gee die koning van Assirië bevel en sê: Bring een van die priesters daarheen wat julle daarvandaan weggevoer het, dat hulle daar kan gaan woon en dat hy hulle die verpligting teenoor die God van die land kan leer.
En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die HERE moet vrees.
Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.
Daarna stuur hy Éljakim wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
En hy het al die priesters uit die stede van Juda laat kom en die hoogtes verontreinig waar die priesters offerrook laat opgaan het, van Geba af tot by Berséba, en die hoogtes van die poorte afgebreek, die wat by die ingang van die poort van Jósua, die owerste van die stad, was en die wat aan 'n mens se linkerhand in die stadspoort was.
Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van die HERE in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.
En al die priesters van die hoogtes wat daar was, het hy op die altare geslag en mensbene daarop verbrand en na Jerusalem teruggegaan.
En die wat vroeër in hulle besitting, in hulle stede gaan woon het, was: Israeliete, die priesters, die Leviete en die tempelbediendes.
en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
En Dawid het Sadok en Abjatar, die priesters, en die Leviete Uriël, Asája en Joël, Semája en Éliël en Amminádab laat roep
Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.
En die priesters Sebánja en Jósafat en Netáneël en Amásai en Sagaría en Benája en Eliëser het op die trompette geblaas voor die ark van God uit; en Obed-Edom en Jehía was poortwagters van die ark.
maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is,
En Sadok, die seun van Ahítub, en Ahiméleg, die seun van Abjatar, was priesters, en Sausa was skrywer.
hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geëet het wat vir hom en die wat saam met hom was, nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
Daarna stuur hy Éljakim, wat oor die paleis was, en Sebna, die skrywer, en die oudstes van die priesters, met rouklere bedek, na die profeet Jesaja, die seun van Amos.
Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
Die woorde van Jeremia, die seun van Hilkía, uit die priesters wat in Anatot, in die land Benjamin was,
Want kyk, Ek maak jou vandag 'n versterkte stad en 'n ysterpilaar en kopermure teen die hele land: teen die konings van Juda, teen sy vorste, teen sy priesters en teen die volk van die land.
Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
Soos 'n dief in die skande kom as hy uitgevind word, so het die huis van Israel in die skande gekom; hulle, hulle konings, hulle vorste en hulle priesters en hulle profete,
En op dié dag, spreek die HERE, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.
die profete profeteer vals, en aan hulle sy oefen die priesters mag uit, en my volk wil dit graag so hê. Maar wat sal julle doen aan die einde daarvan?
In dié tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,
Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.
So sê die HERE: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters.
En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die HERE.
En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
En die priesters en die profete het met die vorste en met die hele volk gespreek en gesê: Hierdie man verdien die dood, want hy het geprofeteer teen hierdie stad, soos julle met jul ore gehoor het.
Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.
Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
En in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die HERE in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:
Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die HERE gestaan het,
En dit is die woorde van die brief wat die profeet Jeremia uit Jerusalem gestuur het na die nog lewende oudstes van die ballinge en na die priesters en die profete en na die hele volk wat Nebukadnésar uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe--
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat jy 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:
En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.
weens al die boosheid van die kinders van Israel en van die kinders van Juda wat hulle gedoen het om My te terg, hulle, hulle konings, hulle vorste, hulle priesters en hulle profete en die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem,
en daar sal vir die Levitiese priesters nooit voor my aangesig 'n man ontbreek wat altyddeur brandoffers bring en spysoffers aan die brand steek en slagoffers berei nie.
dan sal ook my verbond met Dawid, my kneg, verbreek kan word, dat daar vir hom geen seun sal wees wat regeer op sy troon nie, en met die Leviete, die priesters, my dienaars.
die vorste van Juda en die vorste van Jerusalem, die hofdienaars en die priesters en die hele volk van die land wat tussen die stukke van die kalf deurgegaan het.
Want omdat jy vertrou het op jou handelinge en op jou voorrade, sal jy ook ingeneem word; en Kamos sal uittrek in ballingskap, sy priesters en sy vorste almal saam.
Huil, o Hesbon, want Ai is verwoes; skreeu, o dogters van Rabba! Omgord julle met rouklere, hef 'n rouklag aan en swerf rond tussen die klipmure; want Milkom sal in ballingskap gaan, sy priesters en sy vorste almal saam.
Dalet. Die weë na Sion treur, omdat daar geen feesgangers is nie; al haar poorte lê woes, haar priesters sug, haar jonkvroue is bedroef, en sy self het dit bitter.
Kof. Ek het geroep na my liefhebbers--hulle het my in die steek gelaat; my priesters en my oudstes het in die stad beswyk toe hulle voedsel vir hulle gesoek het om hulleself te verkwik.
Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.
Pe. Die aangesig van die HERE het hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad, aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.
Sy priesters verkrag my wet en ontheilig my heilige dinge; tussen heilig en onheilig maak hulle geen onderskeid nie, en die verskil tussen onrein en rein gee hulle nie te kenne nie; daarby maak hulle hul oë toe vir my sabbatte; ja, Ek word onder hulle ontheilig.
En hy het vir my gesê: Hierdie kamer, waarvan die voorkant na die suide lê, is vir die priesters wat die diens van die huis waarneem.
En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die HERE mag nader kom om Hom te dien.
Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die HERE nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
As die priesters ingaan, dan mag hulle nie uit die heiligdom uitgaan na die buitenste voorhof nie, maar daar moet hulle hul klere neersit waarin hulle diens gedoen het; want dié is heilig; hulle moet ander klere aantrek en dan nader kom na die ruimte wat vir die volk bestem is.
moet jy aan die Levitiese priesters wat uit die geslag van Sadok is, wat na My mag nader kom--spreek die Here HERE--om My te dien, 'n jong bul gee as sondoffer.
En jy moet hulle bring voor die aangesig van die HERE; en die priesters moet sout daarop strooi en dit as brandoffer aan die HERE bring.
En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priesters op die agtste dag en verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal 'n behae in julle hê, spreek die Here HERE.
Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.
En die beste van al die eerstelinge van alles en elke offergawe van alles, van al julle offergawes, moet vir die priesters wees; ook moet julle die eerstelinge van julle growwe meel aan die priester gee, om 'n seën op jou huis te laat rus.
Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
En die vors moet deur die voorportaal van die poort van buite af ingaan en by die deurpos van die poort gaan staan, en die priesters moet sy brandoffer en sy dankoffers berei; en hy moet aanbid by die drumpel van die poort en dan uitgaan; maar die poort moet nie gesluit word tot die aand toe nie.
Daarop het hy my gebring deur die ingang wat by die symuur van die poort was, na die heilige kamers vir die priesters wat na die noorde kyk; en kyk, daar was 'n plek aan die agterkant, na die weste toe.
En hy het vir my gesê: Dit is die plek waar die priesters die skuldoffer en die sondoffer moet kook, waar hulle die spysoffer moet bak, dat hulle dit nie uitbring in die buitenste voorhof waardeur hulle die volk sou heilig nie.
En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.
Dit moet wees vir die priesters wat geheilig is, die seuns van Sadok, wat my verordening onderhou het, wat nie afgedwaal het by die afdwaling van die kinders van Israel soos die Leviete afgedwaal het nie.
Verder moet die Leviete, ewewydig met die grens van die priesters, ontvang 'n lengte van vyf en twintig duisend el en 'n breedte van tien duisend; die hele lengte moet wees vyf en twintig duisend en die breedte tien duisend.
Hoor dit, o priesters, en let op, o huis van Israel, en gee gehoor, o huis van die koning! Want die vonnis raak julle, omdat julle vir Mispa 'n vangnet geword het en 'n uitgespreide net op Tabor.
Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.
Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.
Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
En Ek sal my hand uitstrek teen Juda en teen al die inwoners van Jerusalem; Ek sal ook uit hierdie plek uitroei wat van Baäl oorgebly het, die naam van die afgodsdienaars saam met die priesters;
Sy profete is ligsinnig, trouelose manne, sy priesters verontreinig wat heilig is, hulle verkrag die wet.
As iemand heilige vleis in die slip van sy kleed dra, en hy sou met sy slip aan brood raak of iets wat gekook is, of wyn of olie of watter spys ook al, sal dit heilig word? En die priesters het geantwoord en gesê: Nee.
Daarop sê Haggai: As iemand wat deur 'n lyk verontreinig is, aan al hierdie dinge sou raak, sal dit onrein wees? En die priesters het geantwoord en gesê: Dit sal onrein wees.
deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?
Spreek tot die hele volk van die land en tot die priesters dit: As julle, nou sewentig jaar lank, in die vyfde en in die sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas?
'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
hoe hy in die huis van God gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het?
En die woord van God het toegeneem, en die getal van die dissipels het in Jerusalem baie vermeerder, en 'n groot menigte van priesters het gehoorsaam geword aan die geloof.
hoe hy in die huis van God gegaan en die toonbrode geneem en geëet het, en ook aan die wat by hom was, gegee het, wat hulle nie geoorloof was om te eet nie, maar net vir die priesters alleen?
En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u?
En terwyl hulle besig was om met die volk te spreek, het die priesters en die hoofman van die tempel en die Sadduseërs op hulle afgekom,
En hulle het wel priesters geword in 'n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly;
Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer,
En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,