Want my volk is dwaas; My ken hulle nie; dwase kinders is hulle, en hulle is onverstandig; slim is hulle om kwaad te doen, maar om goed te doen, weet hulle nie.
onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,
Want ons waag dit nie om ons te reken of te vergelyk met sommige van die wat hulleself aanbeveel nie. Maar omdat hulle hul met hulself meet en met hulself vergelyk, is hulle onverstandig.
Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees?
Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.