Skip to Content

"ondervra"

10 keer in AFR53

Gord dan soos 'n man jou heupe--dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My.

Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.

Hoor tog, en ék sal spreek; ek sal U ondervra en onderrig U my!

En die koning het die vrou ondervra, en sy het hom vertel. Toe gee die koning haar 'n sekere hofdienaar en sê: Laat haar alles terugkry wat aan haar behoort, en ook die hele opbrings van die grond, van die dag af dat sy die land verlaat het, tot nou toe.

En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het.

En terwyl hulle praat en mekaar ondervra, kom Jesus self nader en loop met hulle saam.

En Jesus het gemerk dat hulle Hom wou vra, en Hy sê vir hulle: Ondervra julle mekaar daaroor dat Ek gesê het: 'n Klein tydjie, en julle sal My nie sien nie; en weer 'n klein tydjie, en julle sal My sien?

Die hoëpriester ondervra Jesus toe oor sy dissipels en oor sy leer.

Wat ondervra u My? Ondervra hulle wat gehoor het wat Ek tot hulle gespreek het; hulle weet tog wat Ek gesê het.

as ons vandag ondervra word oor 'n weldaad aan 'n siek man, waardeur hy gesond geword het,