Skip to Content

"amram"

12 keer in AFR53

Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.

Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.

Wat die orige seuns van Levi betref, van die seuns van Amram: Súbael; van die seuns van Súbael: Jégdeja.

En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar.

En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd sewe en dertig jaar.

van die seuns van Bani Máädai, Amram en Uel,

En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.

Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.

En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.

En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ussiël.

En die seuns van Amram was: Aäron en Moses, en Mirjam; en die seuns van Aäron was: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.

En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël.