Skip to Content

"jéhiël"

10 keer in AFR53

En Jónatan, die oom van Dawid, was raadgewer; hy was 'n man van deursig en 'n geleerde; en Jéhiël, die seun van Hagmóni, was by die seuns van die koning.

En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die HERE onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.

En hy het broers gehad, seuns van Jósafat: Asárja en Jéhiël en Sagaría en Asarjáhu en Mígael en Sefátja; hulle was almal seuns van Jósafat, die koning van Israel.

en uit die kinders van Heman: Jéhiël en Símeï; en uit die kinders van Jedútun: Semája en Ussiël.

En Jéhiël en Asásja en Nahat en Asahel en Jérimot en Jósabad en Éliël en Jismágja en Mahat en Benája was opsigters, onder toesig van Konánja en sy broer Símeï, volgens die bevel van koning Jehiskía en Asárja, die vors oor die huis van God.

Ook sy vorste het aan die volk, aan die priesters en die Leviete vrywillig afgegee. Hilkía en Sagaría en Jéhiël, die vorste oor die huis van God, het aan die priesters as paasoffers twee duisend ses honderd stuks kleinvee en drie honderd beeste gegee.

van die kinders van Joab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom twee honderd en agttien manspersone;

Toe het Segánja, die seun van Jéhiël, van die seuns van Elam, begin spreek en aan Esra gesê: Ons het ontrou gehandel teen onse God, dat ons vreemde vroue uit die volke van die land getrou het; maar tog is daar nog hoop vir Israel in hierdie saak.

en van die seuns van Harim: Maäséja en Elía en Semája en Jéhiël en Ussía;

en van die seuns van Elam: Mattánja, Sagaría en Jéhiël en Abdi en Jéremot en Elía;