Skip to Content

"handbreedte"

4 keer in AFR53

En die dikte daarvan was 'n handbreedte, en sy rand was in die vorm van 'n bekerrand, soos 'n lelieblom; wat die inhoud betref, het dit drie duisend bat gehou.

En kyk, daar was 'n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el (elkeen was 'n el en 'n handbreedte); en hy het die dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede.

En die gaffelvormige hake van 'n handbreedte was aan die binnekant al rondom bevestig; en op die tafels was die offervleis.

En dit is die afmetinge van die altaar in elle (die el is 'n el en 'n handbreedte): die voetlaag 'n el hoog en 'n el die breedte; en die opstaande rand daarvan aan die buitekant daarvan rondom: een span; en dit is die onderbou van die altaar.