Want soos my brood kom my gesug, en my gebrul word uitgestort soos water.
Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller--ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?
Toe ek geswyg het, het my gebeente uitgeteer in my gebrul die hele dag;
U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.
Hulle gebrul is soos dié van 'n leeuin, hulle brul soos jong leeus en maak gedreun en gryp die prooi en sleep weg sonder dat iemand red.
Die jong leeus het oor hom gebrul, hulle het hul stem laat hoor en van sy land 'n woesteny gemaak; sy stede is verwoes, sonder inwoner.
Hy het hulle weduwees beken en hulle stede verwoes; ja, die land en sy volheid was verskrik vanweë die geluid van sy gebrul.
Die leeu het gebrul, wie sal nie vrees nie? Die Here HERE het gespreek, wie sal nie profeteer nie?