In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.
My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
Mem. Deur die HERE word die gange van 'n man bevestig, en Hy het 'n welbehae in sy weg.
Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.
en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op 'n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.
Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
Dat sy die pad na die lewe nie sou inslaan nie, wankel haar gange sonder dat sy dit weet.
Want elke mens se weë is voor die oë van die HERE, en Hy weeg al sy gange.