Skip to Content

"galg"

8 keer in AFR53

Toe die saak ondersoek en so bevind is, is hulle twee aan 'n galg opgehang; en dit is in die kroniekboek voor die koning beskrywe.

Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.

Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? --juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mórdegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.

Daarop sê Harbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!

En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.

Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die Jood Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.

Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.

Maar toe dit voor die koning kom, het hy skriftelik bevel gegee dat sy goddelose plan wat hy teen die Jode uitgedink het, op sy eie hoof moes neerkom; en hulle het hom en sy seuns aan die galg opgehang.