Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.
Sou Hy wat die oor plant, nie hoor nie, of Hy wat die oog formeer, nie sien nie?
wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
So spreek die HERE wat dit doen, die HERE wat dit formeer om dit te bevestig, HERE is sy Naam:
Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!
Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer: