Skip to Content

"abísai"

24 keer in AFR53

En Dawid het begin spreek met Ahiméleg, die Hetiet, en met Abísai, die seun van Serúja, die broer van Joab, en gesê: Wie sal met my saam afgaan na Saul, na die laer toe? En Abísai sê: Ek sal met u saam afgaan.

Toe Dawid met Abísai in die nag by die manskappe kom, lê Saul daar en slaap in die wa-laer met sy spies aan sy koppenent in die grond gesteek, terwyl Abner en die manskappe rondom hom lê.

En Abísai sê vir Dawid: Vandag het God u vyand in u hand oorgelewer; laat ek hom tog nou met sy spies in een slag teen die grond vassteek sonder om dit 'n tweede keer te doen.

Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf?

En daar was drie seuns van Serúja: Joab en Abísai en Asahel; en Asahel was lig op sy voete soos een van die gemsbokke wat in die veld is.

Maar Joab en Abísai het Abner agternagejaag, en die son het ondergegaan toe hulle by die heuwel Amma kom wat teenoor Giag lê, aan die pad na die woestyn van Gíbeon.

Joab dan en Abísai, sy broer, het Abner vermoor, omdat hy hulle broer Asahel by Gíbeon in die geveg gedood het.

Maar die ander manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai geplaas en dié het hulle opgestel teenoor die kinders van Ammon.

Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het van die kinders van Ammon af omgedraai en in Jerusalem aangekom.

Toe vra Abísai, die seun van Serúja, vir die koning: Waarom moet hierdie dooie hond my heer die koning vloek? Laat ek tog oorstap en sy kop afslaan!

Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel.

En Dawid het die manskappe uitgestuur: 'n derde deel onder bevel van Joab, en 'n derde onder Abísai, die seun van Serúja, die broer van Joab, en 'n derde onder Ittai, die Gittiet; en die koning het aan die manskappe gesê: Ek sal ook seker saam met julle uittrek.

En die koning het Joab en Abísai en Ittai bevel gegee en gesê: Saggies met die jongman, met Absalom. En al die manskappe het gehoor toe die koning aan al die owerstes bevel gee omtrent Absalom.

Maar die man sê vir Joab: Al kon ek ook duisend silwerstukke op my hande weeg, ek sou my hand tog nie uitsteek teen die seun van die koning nie; want die koning het u en Abísai en Ittai voor ons ore bevel gegee en gesê: Julle, wie dan ook, moet vir die jongman Absalom sorg.

Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die HERE gevloek het nie?

Toe sê Dawid aan Abísai: Nou sal Seba, die seun van Bigri, ons meer kwaad doen as Absalom; neem jy die dienaars van jou heer en jaag hom agterna, sodat hy nie miskien vir hom versterkte stede vind en ons oog uitruk nie.

En Amása was nie op sy hoede vir die swaard wat in die hand van Joab was nie. Toe steek hy hom daarmee in die onderlyf en stort sy ingewande op die grond uit sonder om hom 'n tweede steek te gee, sodat hy gesterf het. Daarop het Joab en sy broer Abísai Seba, die seun van Bigri, agternagejaag.

Maar Abísai, die seun van Serúja, het hom gehelp en die Filistyn verslaan en hom gedood. Toe het die manne van Dawid hom besweer en gesê: U mag nie meer saam met ons uittrek na die geveg nie, dat u die lamp van Israel nie uitblus nie.

En Abísai, die broer van Joab, die seun van Serúja, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en het 'n naam gehad onder die drie.

En hulle susters was Serúja en Abígail. En die seuns van Serúja was: Abísai en Joab en Asahel, drie.

En Abísai, die broer van Joab, hy was hoof van die drie, en hy het sy spies geswaai oor drie honderd wat gesneuwel het, en 'n naam gehad onder die drie.

Ook het Abísai, die seun van Serúja, die Edomiete in die Soutdal verslaan, agttien duisend.

Maar die orige manskappe het hy onder bevel van sy broer Abísai gegee, en hulle het hul teenoor die kinders van Ammon opgestel.

Toe die kinders van Ammon sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook vir sy broer Abísai gevlug en die stad ingegaan. En Joab het in Jerusalem aangekom.