"bélsasar"
8 keer in AFR53
Koning Bélsasar het 'n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink.
By die genot van die wyn het Bélsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
Toe het koning Bélsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring.
Toe het Bélsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met 'n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers.