Skip to Content

"wydingsram"

6 keer in AFR53

En neem van die ram die vet en die vetstert, ook die vet wat oor die binnegoed is, en die lap aan die lewer en die twee niere met die vet wat daaraan is, en die regterboud--want dit is 'n wydingsram--

En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.

En jy moet die bors van die beweegoffer heilig en die boud van die hefoffer, wat beweeg en gehef is van die wydingsram, wat vir Aäron en sy seuns geld.

En jy moet die wydingsram neem en sy vleis in 'n heilige plek kook.

Daarop het hy die ander ram, die wydingsram, laat aankom; en Aäron met sy seuns het hulle hande op die kop van die ram gelê.

Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.