Skip to Content

"aanmekaar"

10 keer in AFR53

Vyf van die tentdoeke moet aanmekaargewerk wees, die een aan die ander. En weer vyf tentdoeke aanmekaar, die een aan die ander.

Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;

Die waters word hard soos 'n klip, en die oppervlakte van die watervloed sluit aanmekaar.

wanneer die stof saamvloei tot 'n stuk gietwerk en die kluite aanmekaar klewe?

Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.

Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.

hulle vlerke was aanmekaar verbind. Hulle het nie weggedraai as hulle gaan nie; hulle het elkeen maar reguit vorentoe gegaan.

'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek,

Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak 'n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.

Dat u die yster gemeng met kleigrond gesien het--hulle sal deur menslike gemeenskap onder mekaar vermeng raak, maar hulle sal nie aanmekaar vasklewe nie, net soos yster nie met klei meng nie.