het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.
Die HERE is vír my; ek sal nie vrees nie: wat kan 'n mens my doen?
Die HERE is vír my as my helper; so sal ék dan neersien op die wat my haat.
Toe het die Gees Amásai, die hoof van die dertig, vervul, en hy het gesê: Vír u, Dawid, en mét u, seun van Isai, is ons. Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u! Daarop het Dawid hulle opgeneem en hulle aangestel as hoofde van die bende.
Wat sal ons dan van hierdie dinge sê? As God vír ons is, wie kan teen ons wees?
Want ons kan niks doen teen die waarheid nie, maar wel vír die waarheid.