Skip to Content

"vrolike"

7 keer in AFR53

U is 'n skuilplek vir my; U bewaar my vir benoudheid; U omring my met vrolike gesange van bevryding. Sela.

Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op 'n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.

'n Vrolike hart maak die aangesig bly, maar by verdriet van die hart is die gees neerslagtig.

Al die dae van die bedrukte is sleg, maar die vrolike van hart het gedurigdeur fees.

'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.

So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.