Skip to Content

"vroedvroue"

6 keer in AFR53

En die koning van Egipte het met die Hebreeuse vroedvroue--die een se naam was Sifra en die ander se naam Pua--gespreek

Maar die vroedvroue het God gevrees en nie gedoen soos die koning van Egipte aan hulle gesê het nie, maar die seuntjies laat lewe.

Toe laat die koning van Egipte die vroedvroue roep, en hy sê vir hulle: Waarom het julle dit gedoen en die seuntjies laat lewe?

En die vroedvroue sê vir Farao: Die Hebreeuse vroue is nie soos die Egiptiese nie, want hulle is sterk--voordat die vroedvrou by hulle kom, het hulle al gebaar.

Maar God het aan die vroedvroue weldadigheid bewys. En die volk het vermenigvuldig en baie magtig geword.

En omdat die vroedvroue God gevrees het, het Hy huisgesinne aan hulle geskenk.