Met die perde voor 'n wa van Farao vergelyk ek u, my vriendin!
Hoe mooi is u tog, my vriendin! Hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe!
Soos 'n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters.
My beminde begin toe en sê vir my: Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos 'n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf.
Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.
Ek het geslaap, maar my hart het gewaak. Hoor, my beminde klop: Maak vir my oop, my suster, my vriendin, my duif, my volmaakte! Want my hoof is vol dou, my haarlokke vol nagdruppels.
Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.