Skip to Content

"vriendelike"

9 keer in AFR53

Jou stukkie wat jy geëet het, sal jy uitspuug; en dan het jy jou vriendelike woorde verspil.

En hulle het met hom gespreek en gesê: As u vir hierdie volk goed is en hulle behaag en hulle met vriendelike woorde toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

En hulle spreek met hom en sê: As u vandag 'n dienaar van hierdie volk word en hulle dien en hulle antwoord en met vriendelike woorde hulle toespreek, sal hulle altyd u dienaars wees.

Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Die planne van die slegte is vir die HERE 'n gruwel, maar vriendelike woorde is rein.

In die vriendelike blik van die koning is lewe, en sy welgevalle is soos 'n wolk van die laat reëns.

Vriendelike woorde is soos 'n heuningkoek: soet vir die siel en 'n genesing vir die gebeente.

Pe. Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.

Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.