En die seuns van Efraim was Sútelag; en sy seun was Bered, en sy seun Tahat, en sy seun Eleáda, en sy seun Tahat,
en sy seun Sabad, en sy seun Sútelag en Eser en Élead; en die manne van Gat wat in die land gebore was, het hulle gedood, omdat húlle afgetrek het om hulle vee te neem.