En die seuns van Esra was: Jeter en Mered en Efer en Jalon; en dit is die seuns van Bitja, die dogter van Farao, wat Mered as vrou geneem het; en sy het swanger geword en gebaar: Mirjam en Sámmai en Jisbag, die vader van Estemóa.
En die seuns van Onam was Sámmai en Jada; en die seuns van Sámmai: Nadab en Abísur.
En die seuns van Jada, die broer van Sámmai, was Jeter en Jónatan; en Jeter het gesterwe sonder kinders.
En Sema was die vader van Raham, die vader van Jórkeam; en Rekem van Sámmai.
En die seun van Sámmai was Máon; en Máon was die vader van Bet-Sur.