Skip to Content

Psalms Hoofstuk 134

1 'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan! 2 Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE! 3 Mag die HERE jou seën uit Sion, Hy wat hemel en aarde gemaak het!