Skip to Content

Psalms Hoofstuk 126

1 'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. 2 Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. 3 Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! 4 o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. 5 Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. 6 Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra.