Skip to Content

Psalms Hoofstuk 124

1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. As die HERE nie vir ons was nie- laat Israel dit sê- 2 as die HERE nie vir ons was toe die mense teen ons opgestaan het nie, 3 dan het hulle ons lewendig verslind toe hulle toorn teen ons ontvlam het; 4 dan het die waters ons oorstroom, 'n stroom het oor ons siel gegaan; 5 dan het die trotse waters oor ons siel gegaan. 6 Geloofd sy die HERE wat ons aan hulle tande nie as buit oorgegee het nie! 7 Ons siel het vrygeraak soos 'n voël uit die vangnet van die voëlvangers; die vangnet is gebreek, en ons, ons het vrygeraak. 8 Ons hulp is in die Naam van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.